Twintig jaar gelede het my lewe hier op Ntuli in duie gestort en ek voel hoe die trane teen my wange afloop. Is die trane teen my wange omdat ek so na my ouers verlang of is dit oor wat met my gebeur het. Ek wil nie meer aan daardie dag dink nie, ek moet aan die plaas en aan die mense hier op die plaas dink.
Hier is net agt werkers en hulle vrouens op die plaas, maar dit is eerbare en opregte mense. Pa het altyd vir my gesê,¿ Bokkie as jy na jou mense kyk sal jy nooit hoef terug te kyk nie.¿ Hierdie mense se families kom al sovêr terug as toe oupa en ouma hier op die plaas begin boer het. Wanneer laas het iemand my Bokkie genoem, nee ek weet nie.