D'Arbez is die skuilnaam van J.F. van Oordt, 'n belangrike oorgangsfiguur tussen die Eerste en Tweede Afrikaanse Taalbeweging. Hy is die seun van die koerantredakteur en klassikus J.W.G van Oordt en Susanna Changuion, 'n dogter van die taalkundige A.N.E. Changuion. van Oordt skryf prosa as D'Arbez en dramas as Nemo.