Mondadori Store

Trova Mondadori Store

Benvenuto
Accedi o registrati

lista preferiti

Per utilizzare la funzione prodotti desiderati devi accedere o registrarti

Vai al carrello
 prodotti nel carrello

Totale  articoli

0,00 € IVA Inclusa

Baie kan gebeur in net 72 uur...

Elliot weet nie wat dit was wat hom die horlosie in die tweedehandse winkel laat koop het nie. Die ding is oud en verwaarloos, en hou lankal nie meer tyd nie. Maar toe hy daardie oggend by PBS Press se kantore in die hysbak klim, begin die horlosie se wysers aanskuif. Amper asof dit, nes hy, die volgende 72 uur sekonde vir sekonde begin aftel...

Die afgelope sestien jaar het Elliot Wolfaardt hard gewerk om te verseker dat hy nooit weer die slagoffer van boelies sal wees nie. Maar dit beteken nie dat hy vergeet het wat Bryce Pieterson en Sonia Rautenbach aan hom gedoen het nie. Oor die jare het hy 'n plan in plek begin sit om wraak te neem en nou het die tyd uiteindelik aangebreek om daardie plan uit te voer. Al wat hy nodig het, is 72 uur.

*

Toe Franciska Olwagen hom daardie dag by die kongres in die Waterfront sien praat het, het sy al gedink Elliot Wolfaardt is intelligent en baie aantreklik. Maar as persoonlike assistent vir PBS Press se CEO, is mans soos Elliot way out of her league. Eintlik is verhoudings oor die algemeen nie vir Franciska beskore nie. Nie met haar vaal voorkoms en veel valer persoonlikheid nie... Maar dan daag Elliot Wolfaardt een Vrydagoggend by PBS Press se kantore op en bied haar 'n aanbod aan wat sy nie kan weier nie.

"As ek myself ooit op 'n verlate eiland moet bevind met slegs boeke as geselskap, sal ek doodgelukkig wees as dit Anna Emm se boeke is..." - Lucinda Coetzee

Weens volwasse temas in die boek word dit nie aanbeveel vir lesers onder 17 jaar nie.

Dettagli down

Generi Romanzi e Letterature » Romanzi contemporanei » Rosa , Passione e Sentimenti » Romanzi rosa

Editore Raven Fiction

Formato Ebook (senza DRM)

Pubblicato 02/11/2018

Lingua Africano

EAN-13 1230002777191

0 recensioni dei lettori  media voto 0  su  5

Scrivi una recensione per "Die 72-uur Missie"

Die 72-uur Missie
 

Accedi o Registrati  per aggiungere una recensione

usa questo box per dare una valutazione all'articolo: leggi le linee guida
torna su Torna in cima