Mondadori Store

Trova Mondadori Store

Benvenuto
Accedi o registrati

lista preferiti

Per utilizzare la funzione prodotti desiderati devi accedere o registrarti

Vai al carrello
 prodotti nel carrello

Totale  articoli

0,00 € IVA Inclusa

Die Greyson-probleem volgens Nikita Joubert

Anna Emm
pubblicato da Raven Fiction

Prezzo online:
0,00

Drie-en-twintig jaar gelede het Max en Fiona drie seuntjies aangeneem en hulle grootgemaak as deel van die suksesvolle Greyson-empire. Nou is hierdie seusn onafhanklike, aantreklike, intelligente mans wat elk in eie reg 'n aanwins is vir die besigheid. Daar is net één probleem: nie een van hulle lyk asof hulle enigsins belangstel in die string gewillige meisies wat enigiets sal doen om die volgende mevrou Greyson te word nie.

Wat is fout met die Greyson-mans dat hulle nie tot trou kan kom nie?

PAUL

Sielkundiges meen Paul Greyson se voorliefde vir spoed is iets wat hy oorgehou het van die motorongeluk waarin sy ouers destyds oorlede is. Hy was immers as driejarige saam met hulle in die kar, vas aan die slaap in sy stoeltjie. Oor die jare het Paul geen tekort aan female attention gehad nie. Dis net dat hy beter dinge het om met sy tyd te doen, soos om op Killarney uit te hang. Die koerante beweer hy is liewer vir sy karre as vir mense, en Paul is geneig om saam te stem. Maar dan loop Nikita Joubert by Greyson Investments se kantore in en krap alles deurmekaar...

NIKITA

Die afgelope paar jaar van Nikita Joubert se lewe was alles behalwe maklik, en nou is sy desperaat. Toe Fiona Greyson haar nader om haar oudste seun se troue te reël, het Nikita geen ander keuse as om in te stem nie. Al beteken dit dat sy haarself dikwels in Paul Greyson se teenwoordigheid gaan bevind... Van die eerste oomblik af is die elektrisiteit tussen haar en Paul onmiskenbaar. Maar Nikita het lankal besluit om weg te bly van mans soos hy. Paul is gevaarlik en onverantwoordelik. Hy speel met die lewe iets wat sy nie meer kan bekostig om te doen nie.

DIE GREYSON-PROBLEEM VOLGENS NIKITA JOUBERT is die tweede boek in Anna Emm se Greyson-probleem-reeks. Weens volwasse temas in die boek word dit nie aanbeveel vir lesers onder 17 jaar nie.

Dettagli down

Generi Romanzi e Letterature » Romanzi contemporanei » Rosa , Passione e Sentimenti » Romanzi rosa

Editore Raven Fiction

Formato Ebook (senza DRM)

Pubblicato 28/08/2018

Lingua Africano

EAN-13 1230002505152

0 recensioni dei lettori  media voto 0  su  5

Scrivi una recensione per "Die Greyson-probleem volgens Nikita Joubert"

Die Greyson-probleem volgens Nikita Joubert
 

Accedi o Registrati  per aggiungere una recensione

usa questo box per dare una valutazione all'articolo: leggi le linee guida
torna su Torna in cima