Mondadori Store

Trova Mondadori Store

Benvenuto
Accedi o registrati

lista preferiti

Per utilizzare la funzione prodotti desiderati devi accedere o registrarti

Vai al carrello
 prodotti nel carrello

Totale  articoli

0,00 € IVA Inclusa

DIE SPORE ROEP - SAHARA AVONTUUR REEKS

Die patrollie van sersant Catroux is nou al vir twee weke in die snikhete Sahara woestyn, maar tot op hede het hulle nog niks gewaar om oor terug te rapporteer aan die basis nie. Op pad terug na Dini Salam merk sersant Catroux deur sy verkyker swart bondel op, op een van die hoë sandduine met hordes aasvoëls wat daar rond draai. Hulle besluit om nadere ondersoek te gaan instel, maar daar ontdek hulle toe twaalf verminkte Arabiere. Dit slaan hulle skoon dronk, want Arabiere maak nie sommer hulle eie ras dood nie. Die raaisel verdiep egter toe die Suid-Afrikaner, Teuns Stegmann, iets van suiwer goud in die sand optel en waarvoor hulle geen verklaring kan vind nie. Terwyl hulle die spore van die moordenaars volg, ontdek hulle nog meer leidrade wat hulle op die spoor hou van die onbekende aanvallers.

Nie lank nie of hulle kom op oase af en daar vind hulle blanke man, vasgemaak in een van die leë hutte en wat al byna opgevreet is deur rotte. Voor hy sterf prewel hy net iets van snelgeweer. Die klompie Legioenmanne se situasie vererger die volgende oggend toe hulle ontdek dat een van hulle manne verdwyn het. Hulle slaag uiteindelik daarin om weer op die geheimsinnige aanvallers se spoor te kom. Na klompie ure kom hulle op verdwaalde perd af en ook dit maak vir hulle geen sin nie. Hulle slaag daarin op die perd te vang en daarmee word Teuns Stegmann gestuur om vooruit verkenning te gaan doen. Skaars is hy weg of hulle kom op nog pragtige swart perd af, wat lyk asof dit aan een of ander sjeik behoort. Die keer slaag hulle egter nie daarin om die perd te vang nie.

Teuns is warm op die spoor van die aanvallers, maar dan word sy perd onder hom doodgeskiet en moet hy veg vir sy lewe. Hy oorleef die aanval en soos Doelak vermom stap hy die kamp van die aanvallers binne. Teen die tyd weet Teuns aan wie die voorwerpe behoort en daarom probeer hy die raaisel, die raaisel omtrent die snelgeweer oplos en ook uitvind wat van hulle een manskap geword het, wat spoorloos verdwyn het. Teuns probeer blufspel maar dit misluk en word hy gevange geneem en voor onmoontlike keuse gestel. Hierna gebeur die een ding vinnig op die volgende. Op kritieke oomblik daag daar vliegtuig op en in die proses sterf een van die mense in die kamp op eienaardige wyse. Dit gee vir Teuns die geleentheid om een dag langer te kan lewe om sodoende te kyk of hy al die raaisels kan oplos en homself kan bevry van sy gevangeneming. Nooit het hy kon droom wat hy alles daar sou vind nie en een daarvan verander sy lewe onherroeplik op die mees kritiese oomblik...

Dettagli down

Generi Non definito

Editore Pieter Haasbroek

Formato Ebook con Adobe DRM

Pubblicato 26/01/2022

Lingua Africano

EAN-13 9781928498087

0 recensioni dei lettori  media voto 0  su  5

Scrivi una recensione per "Die Spore Roep"

Die Spore Roep
 

Accedi o Registrati  per aggiungere una recensione

usa questo box per dare una valutazione all'articolo: leggi le linee guida
torna su Torna in cima