Mondadori Store

Trova Mondadori Store

Benvenuto
Accedi o registrati

lista preferiti

Per utilizzare la funzione prodotti desiderati devi accedere o registrarti

Vai al carrello
 prodotti nel carrello

Totale  articoli

0,00 € IVA Inclusa

Vier jaar gelede het 'n koeël in die bobeen Alexander Hinkel se kanse om polisiekaptein te word, vernietig. Maar dit het niks gedoen aan sy vermoë om deur 'n verdagte se leuens te sien nie. Inteendeel, sy instink en waarneming is skerper as ooit. Dís waarom sy eks-kollegas steeds aan Hinkel se deur kom klop wanneer hulle vasdraai met ondersoeke. In die stad Agrippa waar misdaad volop is, is daar deesdae meer onopgeloste moorde as wat die polisie kan hanteer, en Hinkel verdien goeie geld uit vryskutspeurwerk. Hy het net één voorwaarde: Hy werk alleen.

Wanneer 'n berugte dwelmbaas se verloofde, 'n danseres, een aand na haar dood val uit die hoë Steyggler-gebou, dui alles op selfmoord. Hinkel is egter nie so seker nie. En hy is nie al een nie... Dit vra nie veel vir die aantreklike boksklub-eienaar, Janke Lofstat, om hom te oorreed om 'n bietjie rond te snuffel nie. Maar gou is die vroumens besig om haarself al hoe dieper by Hinkel se ondersoek in te grawe, ten spyte van sy beste pogings om haar af te sit. En Janke het 'n paar geheime van haar eie...

DIE DOOIE DANSER is die eerste van 'n reeks Afrikaanse whodunnit-novelles deur bekende skrywer Anna Emm*! Dit is die ideale leesstof vir enigeen met min tyd, want hierdie korter novelles kan elk binne 'n uur of twee gelees word. Dis positiewe, aksiebelaaide stories wat jy met 'n geruste hart ook vir jou tieners kan aangee.

* Kyk uit vir die ander novelles in die HINK-reeks!

Dettagli down

Generi Romanzi e Letterature » Gialli, mistery e noir » Romanzi contemporanei

Editore Raven Fiction

Formato Ebook (senza DRM)

Pubblicato 20/10/2020

Lingua Africano

EAN-13 1230004296478

0 recensioni dei lettori  media voto 0  su  5

Scrivi una recensione per "Die dooie danser"

Die dooie danser
 

Accedi o Registrati  per aggiungere una recensione

usa questo box per dare una valutazione all'articolo: leggi le linee guida
torna su Torna in cima