Mondadori Store

Trova Mondadori Store

Benvenuto
Accedi o registrati

lista preferiti

Per utilizzare la funzione prodotti desiderati devi accedere o registrarti

Vai al carrello
 prodotti nel carrello

Totale  articoli

0,00 € IVA Inclusa

Vier jaar gelede het 'n koeël in die bobeen Alexander Hinkel se kanse om polisiekaptein te word, vernietig. Maar dit het niks aan sy vermoë om deur 'n verdagte se leuens te sien gedoen nie. Inteendeel, sy instink en waarneming is skerper as ooit. Dís waarom sy eks-kollegas steeds aan Hinkel se deur kom klop wanneer hulle vasdraai met ondersoeke. In die stad Agrippa waar misdaad volop is, is daar deesdae meer onopgeloste moorde as wat die polisie kan hanteer, en Hinkel verdien goeie geld uit vryskutspeurwerk. Hy het net één voorwaarde: Hy werk alleen.

Die ryk sakemagnaat, Bernard Nichol, hou 'n eksklusiewe ete by sy herehuis, en Hinkel en Janke is onder die handjievol genooide gaste. Niemand weet wat die groot aankondiging is wat Nichol beplan om te maak nie, en soos die gaste opdaag, groei die spanning. Maar voordat die aankondiging gemaak kan word, word Nichol dood in sy studeerkamer aangetref. Káál. Iemand wou hom keer. Iemand wou hom verneder. Iemand wou 'n boodskap stuur...

DIE KONING IS KAAL is die vyfde van 'n reeks Afrikaanse whodunnit-novelles deur bekende skrywer Anna Emm*! Dit is die ideale leesstof vir enigeen met min tyd, want hierdie korter novelles kan elk binne 'n uur of twee gelees word. Dis positiewe, aksiebelaaide stories wat jy met 'n geruste hart ook vir jou tieners kan aangee.

* Kyk uit vir die ander novelles in die HINK-reeks!

Dettagli down

Generi Romanzi e Letterature » Gialli, mistery e noir » Romanzi contemporanei

Editore Raven Fiction

Formato Ebook (senza DRM)

Pubblicato 27/11/2020

Lingua Africano

EAN-13 1230004336389

0 recensioni dei lettori  media voto 0  su  5

Scrivi una recensione per "Die koning is kaal"

Die koning is kaal
 

Accedi o Registrati  per aggiungere una recensione

usa questo box per dare una valutazione all'articolo: leggi le linee guida
torna su Torna in cima