Ontmoet vir Alexie Mol. Sy is nie soos ander kinders nie. Haar pa is 'n uitvinder en haar ma is 'n kunstenaar, wat beteken dat dinge in hulle huis maar meestal 'n bietjie weird raak.
Dis vakansie, en Alexie moet 'n slypskool vir jong joernaliste bywoon sónder haar beste vriend, Kareltjie! En dan vra twee vreemde mans dat haar pa vir hulle 'n eienaardige beeld maak. Iets is nie pluis nie, maar wat? Sy is seker daar is 'n slang in die gras...