Mondadori Store

Trova Mondadori Store

Benvenuto
Accedi o registrati

lista preferiti

Per utilizzare la funzione prodotti desiderati devi accedere o registrarti

Vai al carrello
 prodotti nel carrello

Totale  articoli

0,00 € IVA Inclusa

Vier jaar gelede het 'n koeël in die bobeen Alexander Hinkel se kanse om polisiekaptein te word, vernietig. Maar dit het niks aan sy vermoë om deur 'n verdagte se leuens te sien gedoen nie. Inteendeel, sy instink en waarneming is skerper as ooit. Dís waarom sy eks-kollegas steeds aan Hinkel se deur kom klop wanneer hulle vasdraai met ondersoeke. In die stad Agrippa waar misdaad volop is, is daar deesdae meer onopgeloste moorde as wat die polisie kan hanteer, en Hinkel verdien goeie geld uit vryskutspeurwerk. Hy het net één voorwaarde: Hy werk alleen.

Wanneer Hinkel en Janke Lofstat 'n toekenning ontvang vir hulle werk in die Filipe-saak, moet hulle per trein reis om die dinee in Kritterra te gaan bywoon. Maar dan vind hulle uit dat hulle 'n beknopte kompartement op die Silver Fox moet déél... Voordat Hinkel egter te veel hieroor kan tob, word 'n vrou op die trein doodgeskiet. Die moordenaar is een van die passasiers en Hinkel het net 'n paar uur om uit te vind wie dit is, voordat die trein in die stasie arriveer.

DOOD OP DIE TREIN is die tiende van 'n reeks Afrikaanse whodunnit-novelles deur bekende skrywer Anna Emm*! Dit is die ideale leesstof vir enigeen met min tyd, want hierdie korter novelles kan elk binne 'n uur of twee gelees word. Dis positiewe, aksiebelaaide stories wat jy met 'n geruste hart ook vir jou tieners kan aangee.

* Kyk uit vir die ander novelles in die HINK-reeks!

Dettagli down

Generi Romanzi e Letterature » Gialli, mistery e noir » Romanzi contemporanei

Editore Raven Fiction

Formato Ebook (senza DRM)

Pubblicato 01/01/2021

Lingua Africano

EAN-13 1230004350750

0 recensioni dei lettori  media voto 0  su  5

Scrivi una recensione per "Dood op die trein"

Dood op die trein
 

Accedi o Registrati  per aggiungere una recensione

usa questo box per dare una valutazione all'articolo: leggi le linee guida
torna su Torna in cima