Mondadori Store

Trova Mondadori Store

Benvenuto
Accedi o registrati

lista preferiti

Per utilizzare la funzione prodotti desiderati devi accedere o registrarti

Vai al carrello
 prodotti nel carrello

Totale  articoli

0,00 € IVA Inclusa

Dwars

Max du Preez
pubblicato da Random House Struik

Prezzo online:
9,87
11,25
-12 %
11,25

Max du Preez het 'n helse storie om te vertel. Tydens sy loopbaan as 'n hardegat-joernalis is hy drie keer afgedank; sewe keer weens laster gedagvaar; dertien keer krimineel aangekla en het hy drie vliegtuigongelukke, twee sluipmoordpogings en 'n bomaanval oorleef. Hy was in Soweto op 16 Junie 1976, hy was ooggetuie van die losbandige partytjies van ministers tydens die apartheidsjare en het 'n sterwende soldaat se woorde in 'n Angolese dorpie aangehoor. Hy het die Vlakplaas-baas Dirk Coetzee in die oë gekyk en sy hele verhaal van die polisie se moordbendes gepubliseer. Toe hy self by Vlakplaas gaan kuier het, was hy gelukkig om lewendig daar weg te kom. Max is bekend as die stigter en redakteur van die koerant Vrye Weekblad, vir sy weeklikse televisie-program oor die Waarheids-en-Versoeningskommissie en die program Special Assignment. Sy verhaal neem jou op 'n merkwaardige reis, van die teenstrydighede in die geskiedenis tot by die probleme en prestasies van die hede; van die gange van die parlement tot by die rooi duine van die Namib; van brandende townships tot by die geheime hoofkwartiere van klandestiene operasies; van Noord-Ierland en Oos-Duitsland tot in Bosnië en Rwanda; van die De la Rey-debat tot die Reitz-video-debakel. Hy sal jou aan generaals en guerrillas, presidente en sluipmoordenaars voorstel. Hy vertel dit alles in sy reguit, uitgesproke styl waarvoor baie hom bewonder, maar wat hom ook in die sop by die vorige en die huidige regimes laat beland het. Dwars is 'n storie van groot drama, van die risiko's van ondersoekende joernalistiek in die voorste linies. Dit is omstrede, want soos gewoonlik is Max nie bang om bloot te lê wat ander wil verberg nie. Dit is vol insigte en gee 'n fassinerende ontleding van die politiek van suider-Afrika deur 'n bekwame joernalis wat dit eerstehands ervaar het.

Dettagli down

Generi Storia e Biografie » Biografie Diari e Memorie » Biografie e autobiografie » Personaggi storici, politici e militari , Gialli Noir e Avventura » Storie di guerra

Editore Random House Struik

Formato Ebook con Adobe DRM

Pubblicato 05/11/2010

Lingua Africano

EAN-13 9781770201354

0 recensioni dei lettori  media voto 0  su  5

Scrivi una recensione per "Dwars"

Dwars
 

Accedi o Registrati  per aggiungere una recensione

usa questo box per dare una valutazione all'articolo: leggi le linee guida
torna su Torna in cima