Waar sy in die donker kas sit, voel sy hoe die sweet van haar voorkop afrol.
Die kas ruik na skoene en Sta-soft, en die Sta-soft laat haar terugverlang na haar
skooldae op die plaas as Magriet pas hulle klere gewas het. Hoe mis sy nie Magriet se
pokkellyf-drukkies en alles-gaan-okay-wees-speech nie.
Sy besef skielik sy het nog haar selfoon in haar sak. Sy haal dit uit en druk inderhaas die
nommer, 10111, op haar foon in.