Mondadori Store

Trova Mondadori Store

Benvenuto
Accedi o registrati

lista preferiti

Per utilizzare la funzione prodotti desiderati devi accedere o registrarti

Vai al carrello
 prodotti nel carrello

Totale  articoli

0,00 € IVA Inclusa

God: Is daar 'n ander antwoord?

Ben du Toit
pubblicato da LAPA Publishers

Prezzo online:
13,45

Hierdie manuskrip was nie bedoel om gepubliseer te word nie. Dit was aanvanklik 'n bestekopname van die skrywer se betrokkenheid by en blootstelling aan die NG Kerk-familie waarin hy gebore is, grootgeword en uiteindelik as predikant gedien het. Ben du Toit se eerste boek, God? Geloof in 'n postmoderne tyd, is in 2001 met die gesogte Andrew Murray-prys vir Christelike publikasies bekroon. Dit het 'n woordeskat gebied vir talle ander mense se reis. Amper twee dekades later neem hy die vraag oor God en die relevansie van godsdiens en geloof verder. Vir baie mense sal hierdie boek nie 'n gemaklike leeservaring wees nie. Daar sal egter lesers wees wat 'n eie bevrydende ervaring in hul verhouding met die kerk, geloof en met God sal beleef deur die boek te lees. En wat 'n woordeskat sal vind. Net soos Du Toit se eerste boek baie mense minder alleen met hulle teologiese ongemak en kritiese vrae laat voel het, kan hierdie boek 'n wonderlike verrassende volgende fase van hul lewens inlei, soos dit tans met die skrywer die geval is. Die afronding van die teks het plaasgevind aan die begin van die wreldwye Covid-19-pandemie. Hierdie boek toon hoe die vraag na die betrokkenheid van God gevra word, net soos telkens in die verlede tydens ander krisisse. Net soos wat die Covid-19-pandemie 'n nuwe era inlui, kan hierdie publikasie 'n nuwe denkraamwerk ten opsigte van geloof inlui. Hier word baie name genoem en na vele stemme geluister. Uiteindelik gaan dit nie oor hulle as individue nie, maar wel, kollektief, oor Die Kerk - 'n bepaaldeverteenwoordiging van die verskynsel wat Godsdiens genoem word. Maar inderwaarheid gaan dit nie eers oor hulle nie, maar oor God - terwyl die enigste manier waarop ons iets van God kan weet, deur die woorde en lewens van mense is.

Dettagli down

Generi Non definito

Editore Lapa Publishers

Formato Ebook con Adobe DRM

Pubblicato 01/11/2020

Lingua Africano

EAN-13 9780639601120

0 recensioni dei lettori  media voto 0  su  5

Scrivi una recensione per "God: Is daar 'n ander antwoord?"

God: Is daar
 

Accedi o Registrati  per aggiungere una recensione

usa questo box per dare una valutazione all'articolo: leggi le linee guida
torna su Torna in cima