Mondadori Store

Trova Mondadori Store

Benvenuto
Accedi o registrati

lista preferiti

Per utilizzare la funzione prodotti desiderati devi accedere o registrarti

Vai al carrello
 prodotti nel carrello

Totale  articoli

0,00 € IVA Inclusa

Ingrid Jonker Versamelde Werke

Ingrid Jonker
pubblicato da Human & Rousseau

Prezzo online:
13,20
13,86
-5 %
13,86

Hierdie gewilde en bekende digter se Versamelde Werke sluit in al haar gepubliseerde gedigte (bundels: Ontvlugting, Rook en oker, Kantelson) sowel as jeugwerk, vertalings deur haar, fragmente en opdragte, 'n drama, en haar kortverhale. Dit sluit ook in 'n oorsig van haar lewe en werk deur Jack Cope: "A Crown of Wild Olive". Ten tyde van Ingrid Jonker se selfmoord, toe sy haar in die nag van 18 op 19 Julie 1965 verdrink het in die see by Drieankerbaai, Kaapstad, was sy een en dertig jaar oud. Daar het toe nog slegs twee digbundels van haar verskyn: 'n jeugwerk, Ontvlugting (1956), en, na vele vertragings, die veel geprese en bekroonde Rook en Oker in 1963. Na haar dood is 'n derde bundel, Kantelson, uitgegee. Verskeie uitgawes van haar Versamelde Werke (wat ook ongepubliseeerde gedigte, 'n drama en haar kortverhale insluit) het sedert 1975 verskyn, en Human & Rousseau se 1994-uitgawe word gereeld herdruk. Ingrid Jonker se nalatenskap is klein maar betekenisvol, en het 'n groot invloed op die Afrikaanse digkuns en kultuur gehad. In die dekades sedert haar dood het sy 'n kultusfiguur geword, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in Nederland. Van haar gedigte is reeds in meer as twaalf tale vertaal. 'n Versameling gedigte in Engels vertaal deur Jack Cope en William Plomer met die hulp van Laurens van der Post is in Brittanje en Suid-Afrika gepubliseer. In 2007 het 'n nuwe en meer volledige versameling gedigte in Engels verskyn, vertaal deur Antjie Krog en André Brink: Black Butterflies: Selected Poems. Daar is ook reeds verskeie films oor Ingrid Jonker se lewe vrygestel.

Dettagli down

Generi Romanzi e Letterature » Poesia

Editore Human & Rousseau

Formato Ebook con Adobe DRM

Pubblicato 01/03/2013

Lingua Africano

EAN-13 9780798157889

0 recensioni dei lettori  media voto 0  su  5

Scrivi una recensione per "Ingrid Jonker Versamelde Werke"

Ingrid Jonker Versamelde Werke
 

Accedi o Registrati  per aggiungere una recensione

usa questo box per dare una valutazione all'articolo: leggi le linee guida
torna su Torna in cima