Lovy Pieterse vertel in die persoonlike emosionele dagboekverse van haar frustrasies as die versorger van haar Alzheimer man. Sy is voortyds weduwee en moet alleen moeilike situasies hanteer, maar na sy dood kom die besef dat daar nog geloof en hoop oorbly en dat daar nog 'n lewe na Alzheimer is.