'n Wit man soos Paul is so goed soos kroonwild ... In die vorige bedeling was Paul van Heerden se lewe een van gemak: groot huisin Pretoria se vooraanstaande woonbuurt, vanselfsprekende bevordering in diewerk, welvaart en voorspoed. Toe kom die opstande en die grondbesetting. Nouword die Volksrepubliek van Azani deur Die Party regeer. Alle wit mense isWeskaap toe verban. Di wat in Azani wil werk, word toegelaat, maar wordonderwerp aan dieselfde vernederende praktyke wat gedurende dieApartheidsjare beoefen is. Paul se vrou en kinders sit in 'n tentekamp in die Kaap, hy bly in 'n hostel ensukkel om sy werk te behou. Paul het egter 'n plan: hy begin met mampoersmokkel. Kort voor lank het hy 'n weldoener en sakevenoot in Thabo Ntombela,mampoerstokers en verspreiders. Besigheid lp. Maar in Azani wil elkeen sydeel h en 'n wit man soos Paul is so goed soos kroonwild.