Karin verloor haar loopbaan, balletskool en kerel na 'n ongeluk. Vir 'n nuwe begin trek sy na die Karoo en ontmoet Jaco - die man wat sy verantwoordelik hou vir die ongeluk. Omstandighede gooi hulle keer op keer saam en stadig vind hulle harte mekaar.