Mondadori Store

Trova Mondadori Store

Benvenuto
Accedi o registrati

lista preferiti

Per utilizzare la funzione prodotti desiderati devi accedere o registrarti

Vai al carrello
 prodotti nel carrello

Totale  articoli

0,00 € IVA Inclusa

Lokstem van die liefde

Schalkie van Wyk
pubblicato da Tafelberg

Prezzo online:
4,92

Louise Barnard is in die wolke wanneer haar vriend, die aantreklike, skatryk Eben Griesel vir haar die woonstel wat hy vir hulle uitgesoek het gaan wys. Mevrou Louise Griesel, mymer sy, drome wasig in haar oe terwyl sy opkyk na Eben wat langs haar in die hysbak staan. Sy glimlag met hom. Hy het reeds hulle woonstel gekies, hoewel hulle nog nie op 'n troudatum besluit het nie. Maar só het sy Eben die afgelope maande leer ken. Hy dink aan die praktiese dinge en 'n woonplek sal beslis vir hom van groter belang wees as al die beplanning en gepraat en bespiegelinge oor 'n geskikte troudatum en hoe groot die huweliksonthaal gaan wees. Net 'n paar minute later, in dieselfde woonstel waaroor Louise so baie drome gedroom het, spat haar hele wêreld erger aan skerwe. Eben het beslis nie aan die beplanning óf 'n geskikte datum vir hulle huwelik gedink nie. Tewens, niks was verder uit sy gedagtes verwyder as juis 'n huwelik met Louise nie. Sy idee was suiwer dat hy en sy moes saambly soos sy antwoord op haar weersin dan ook getuig "Genugtig, Louise, trou is so uit die mode soos Kersvader en Kerskabouters!" het hy gesmaal terwyl sy so vinnig moontlik van hom af probeer wegvlug het. Met haar vertroue in mans geheel en al vernietig, besluit Louise om uit Johannesburg pad te gee. Sy moet wegkom van Eben af . . . van die smet wat sy idees in haar binneste gelos het, en die huis wat haar moeder kort gelede van haar tant Ragie de la Rey op Rheedershoop geerf het, bied aan haar 'n salige heenkome. Maar Louise het nie rekening gehou met die ander De la Reys van Rheedershoop nie. Met Lafras, die breedgekouerde padbou-ingenieur met die gesig wat lyk of dit uit graniet gebeitel is nie. Ook nie met Theresa Hattingh, die skatryk, suksesvolle, talentvolle, aantreklike vrou, soos iemand haar aan Louise beskryf het, wat Lafras de la Rey vir haarself toegeeien het, of met Belinda, die agtienjarige prikkelpop op wie Lafras ooglopend op sý beurt verlief is nie. Wanneer, o wanneer, so het Louise se hart telkens geweeklaag, sou die lokstem van die liefde háár weer roep. Wanneer . . .?

Dettagli down

Generi Romanzi e Letterature » Romanzi contemporanei

Editore Tafelberg

Formato Ebook con Adobe DRM

Pubblicato 06/10/2015

Lingua Africano

EAN-13 9780624075448

0 recensioni dei lettori  media voto 0  su  5

Scrivi una recensione per "Lokstem van die liefde"

Lokstem van die liefde
 

Accedi o Registrati  per aggiungere una recensione

usa questo box per dare una valutazione all'articolo: leggi le linee guida
torna su Torna in cima