'n Onskuldige man word in sy motorhuis met 'n jaggeweer doodgeskiet. 'n Jong vrou se lyk hang aan 'n boomtak diep in die Magaliesberg. Speurder-kaptein Alek Strauss en sy span by die Fiskale Spesiale Ondersoekeenheid is verbysterd. Iewers is 'n moordenaar wat slu speletjies speel. Intussen is adjudant-offisier Anele Vilakazi op die spoor van 'n boogskutter aan die Wildekus. Sal kaptein Strauss en adjudant Vilakazi die skuldiges kan stuit, voor daar nog slagoffers geteiken word?