Mondadori Store

Trova Mondadori Store

Benvenuto
Accedi o registrati

lista preferiti

Per utilizzare la funzione prodotti desiderati devi accedere o registrarti

Vai al carrello
 prodotti nel carrello

Totale  articoli

0,00 € IVA Inclusa

Ek het altyd gesmag na vryheid, maar ek kon net nie daarin slaag om vry te breek en net myself te wees nie. Die mense om my wou ek tevrede stel, net om myself teleur te stel in die proses ... Dit het sedert my kinderjare só aangegaan - 'n goed weggesteekte geheim agter my glimlag
Daar was hartsdinge wat verborge gebly het in my; 'n jarelange maskerdra-stryd Vir lánk het ek 'n stille leuen geleef, probeer om iemand te wees wat ek nie is nie ... En toe kom die dag - die dag wat ek die kas se deur oopgeskop en uitgeklim het Ek was báng!, onbeskryflik bang, dat ek van my vriende, vriendinne en familie-geliefdes sou verloor.
Maar toe in Januarie van 2011, op Facebook, kruis 'n uiters spesiale man genaamd Pieter my pad ... En ek het gewéét dis tyd; tyd om uit te kom en die masker finaal te laat sak. Ek was tot die dood toe moeg vir wegkruipertjie speel, móég om te wees wie ek nie is nie.
Pieter het my vorige bundel, HIER'S MY HART, by my bestel en my emosioneel ondersteun in die tyd wat my hart gedaan was oor my moederverlies. Sy woorde het my versterk, en kort daarna, toe sy tannie siek was en die stryd teen kanker verloor het, het ek hom my skouer gegee om op te huil al was dit net per sms of Facebook-boodskap. Ons het mekaar gedra, en so het te midde van hartseer en verlies 'n band gevorm; 'n band wat al hegter, sterker en mooier geword het. Hierdie spesiale man het vinnig meer as net 'n vriend geword; hy het my hart syne gemaak
Deesdae leef ek my lewe voluit en is ek en Pieter al byna twee maande verloof. Ek dank die Here vir hierdie kosbare blommemens uit Sy hand; vir die engel in my lewe wat my wys hoe om vreesloos te vlieg.

Dettagli down

Generi Romanzi e Letterature » Autobiografie e biografie letterarie , Storia e Biografie » Biografie Diari e Memorie » Scrittori, poeti e letterati

Editore Manie Van Der Westhuizen

Formato Ebook (senza DRM)

Pubblicato 17/12/2011

Lingua Africano

EAN-13 9781466145085

0 recensioni dei lettori  media voto 0  su  5

Scrivi una recensione per "Pad Van Liefde"

Pad Van Liefde
 

Accedi o Registrati  per aggiungere una recensione

usa questo box per dare una valutazione all'articolo: leggi le linee guida
torna su Torna in cima