Die nuwe skooljaar skop op 'n besige noot af. Lindie se pa trou binnekort. En almal is opgewonde oor die Valentynsbal wat voorle. En natuurlik is dit haar skuld dat Lindie en Gina douvoordag een oggend by die koshuis moet uitglip en by die grillerige begraafplaas gaan rondsluip...