Mondadori Store

Trova Mondadori Store

Benvenuto
Accedi o registrati

lista preferiti

Per utilizzare la funzione prodotti desiderati devi accedere o registrarti

Vai al carrello
 prodotti nel carrello

Totale  articoli

0,00 € IVA Inclusa

Vier jaar gelede het 'n koeël in die bobeen Alexander Hinkel se kanse om polisiekaptein te word, vernietig. Maar dit het niks gedoen aan sy vermoë om deur 'n verdagte se leuens te sien nie. Inteendeel, sy instink en waarneming is skerper as ooit. Dís waarom sy ekskollegas steeds aan Hinkel se deur kom klop wanneer hulle vasdraai met ondersoeke. In die stad Agrippa waar misdaad volop is, is daar deesdae meer onopgeloste moorde as wat die polisie kan hanteer, en Hinkel verdien goeie geld uit vryskutspeurwerk. Hy het net één voorwaarde: Hy werk alleen.

Wanneer die filmster, Ainly Boyle, 'n eksklusiewe murder mystery-partytjie hou om haar nuwe film te bemark, vra sy vir Hinkel om as eregas op te tree teen aansienlike vergoeding natuurlik. Maar Hinkel het nie 'n goeie gevoel oor die hele ding nie, en dis nie nét omdat die aantreklike Janke Lofstat ook een van die gaste gaan wees nie. Moord, uit sy ervaring, is nie iets waarmee jy speel nie. En dit wil blyk of sy voorgevoel reg was, want skaars het die aand begin, of 'n régte lyk duik op en dan nóg een.

SLAPENDE HONDE is die tweede van 'n reeks Afrikaanse whodunnit-novelles deur bekende skrywer Anna Emm*! Dit is die ideale leesstof vir enigeen met min tyd, want hierdie korter novelles kan elk binne 'n uur of twee gelees word. Dis positiewe, aksiebelaaide stories wat jy met 'n geruste hart ook vir jou tieners kan aangee.

* Kyk uit vir die ander novelles in die HINK-reeks!

Dettagli down

Generi Romanzi e Letterature » Gialli, mistery e noir » Romanzi contemporanei

Editore Raven Fiction

Formato Ebook (senza DRM)

Pubblicato 30/10/2020

Lingua Africano

EAN-13 1230004294245

0 recensioni dei lettori  media voto 0  su  5

Scrivi una recensione per "Slapende honde"

Slapende honde
 

Accedi o Registrati  per aggiungere una recensione

usa questo box per dare una valutazione all'articolo: leggi le linee guida
torna su Torna in cima