Mondadori Store

Trova Mondadori Store

Benvenuto
Accedi o registrati

lista preferiti

Per utilizzare la funzione prodotti desiderati devi accedere o registrarti

Vai al carrello
 prodotti nel carrello

Totale  articoli

0,00 € IVA Inclusa

Soeker en Ander Verhale

J.T. Strauss
pubblicato da J.T. Strauss

Prezzo online:
5,49

Soeker en Ander Verhale is 'n versameling van 8 kortverhale en novelles wat strek oor verskeie genres. 'n Deurlopende raaisel-element is in al die verhale teenwoordig en volwasse lesers wat hou van verhale met drama, speurvernuf, liefde, sterk misdaadtemas en 'n punt-van-die-stoel spanningslyn sal hierdie versameling vermaaklik vind.

* Slegs geskik vir volwasse lesers *

Soeker
Cornelius Venter is op reis deur die stille Karoo op soek na iets meer blywend in sy lewe. Na hy 'n rygeleentheid gee aan die beeldskone Klara voel dit vir hom asof hy 'n stukkie geluk in haar gevind het.
Maar na hulle by 'n plattelandse hotel oornag, tref die noodlot en word hy konfronteer met sy eie donker kant.

Alfa Dag
Vier mans beplan saam aan die perfekte transitorooftog. Alles is haarfyn uitgewerk en niks kan verkeerd gaan nie. Maar gou dring die besef deur dat al 4 mans elkeen sy eie agenda het. In 'n wêreld waar geld die hardste praat, vier verraad en rugstekery hoogty. Wie sal op die einde van dié dag laaste bly staan?

Bloedspoor
Hy is 'n pligsgetroue polisieman deur dik en dun. Hy is ook 'n reeksmoordenaar. Sy lus om te moor kry gereeld die oorhand, maar hy het net een reël wat hy nooit oortree nie: al sy slagoffers is misdadigers wat verdien om te sterf.

Alias
'n Man word wakker in 'n kleindorpse kliniek met geheueverlies. Wie is hy? Waar kom hy vandaan? Die vrae verdiep na 'n aanslag op sy lewe en hy forseer word om met die hulp van die jonge verpleegster Mariet te vlug. Sal hulle betyds die raaisel rondom sy identiteit kan ontsyfer voor dit te laat is?

Die Ongeluk
Na hy 'n motorongeluk oorleef, begin Jacques Kenhardt se familie en vriende anders teenoor hom optree. Hoekom, weet hy nie. Maar iewers is iets nie pluis nie.
Hy neem 'n nostalgiese reis sy verlede in en herleef hy weer die oomblikke wat sy lewe gevorm het. Ou lesse en gevoelens word herontdek, maar die einde van die reis lewer 'n groter skok op as wat hy dalk kan hanteer

'n Ander Lewe
Verskeie lewensverhale word in mekaar vervleg toe Marisa Groenewald die kluisenaarskrywer Walter Steenkamp se liefdesbriewe steel. Die briewe neem haar terug in tyd na 'n ander lewe dié van die jong Walter, sy geliefde en sy beste vriend.

Die Afspraak
Hy is 'n ervare fotojoernalis. Billy weer, is 'n gesoute polisieman in die Eenheid: die misdaadintelligensie-eenheid waar meeste van die aksie agter die skerms en onder die tafel geskied.
Hul afspraak is in 'n klein agterstraatkroeg. Sy senuwees knaag aan hom, want hy weet Billy gaan hom vra om iets vir hom te doen. Hy weet ook hy kan nie 'n versoek van Billy weier nie die skuld wat hy dra, lê na al die jare te swaar op sy skouers. Maar sal hy met die gevolge kan saamleef deur vir Billy ja te sê?

Die Geheim van Donkerbaai
1953. Apartheid Suid-Afrika. Speurinspekteurs Adam de Villiers en Bennie Struwig is die opdrag toevertrou om die oënskynlike selfmoord van 'n afgetrede kernfisikus te ondersoek. Hul ondersoek lei hulle na Donkerbaai, 'n klein afgeleë kusdorpie aan die verre buitewyke van die Republiek.
Wat hulle daar vind laat hulle gou besef dat niks en niemand is soos hulle voorgee om te wees nie. Diepgewortelde tradisies en oudmodiese denke is aan die orde van die dag. Na Adam en Bennie bewyse vind van 'n toesmeerdery rakende ou vermiste dorpenaars, besef hulle dat hulle hul kop in 'n byenes bevind. Sal hulle betyds die geheim van Donkerbaai kan ontdek voor dit nog lewens, insluitend hul eie, vernietig?

Dettagli down

Generi Gialli Noir e Avventura » Gialli, mistery e noir » Thriller e suspence , Romanzi e Letterature » Gialli, mistery e noir

Editore J.t. Strauss

Formato Ebook (senza DRM)

Pubblicato 07/01/2019

Lingua Africano

EAN-13 9781386337676

0 recensioni dei lettori  media voto 0  su  5

Scrivi una recensione per "Soeker en Ander Verhale"

Soeker en Ander Verhale
 

Accedi o Registrati  per aggiungere una recensione

usa questo box per dare una valutazione all'articolo: leggi le linee guida
torna su Torna in cima