In hierdie boek word 'n baie gewilde skrywer se lekkerlees-kortverhale vir die eerste keer byeengebring. Hier is 'n ryke verskeidenheid stories, onder meer oor geleenthede soos Kersfees, Vadersdag, ensovoorts, en liefde in sy vele fasette uitgebeeld is die gemene deler. In al die verhale is Irma Joubert se fyn waarnemingsvermoë merkbaar, asook haar intieme kennis van en deernis met haar karakters.