Mondadori Store

Trova Mondadori Store

Benvenuto
Accedi o registrati

lista preferiti

Per utilizzare la funzione prodotti desiderati devi accedere o registrarti

Vai al carrello
 prodotti nel carrello

Totale  articoli

0,00 € IVA Inclusa

Van Oerknal tot Oorbevolking

Siegfried Eckleben
pubblicato da Siegfried Eckleben

Prezzo online:
0,00

"Van Oerknal tot Oorbevolking" bestaan uit twee aaneenlopende dele:

- Die eerste deel vertel die geskiedenis van die onstaan van die heelal in maklik verstaanbare vorm, en wel deur 'n ooggetuie, naamlik Yog, die kwark. Volgens die mees aanvaarde opvatting van die huidige wetenskap, bestaan alles uit kwarks en elektrone, dus weet kwarks alles oor alles. Hulle is sonder emosies en derhalwe absoluut objektief. Beginnend met die oerknal beskryf Yog die evolusie van elementêre deeltjies, atome, gas wolke, galaksies, sterre, planete, mane, komete en ander hemelliggame, tot by planeet Aarde. Dit word gevolg deur die evolusie van lewe op hierdie planeet, tot by sy teenswoordig intelligentste vorm die mens of aardling. Argeologiese vondse in Suider Afrika word in die boek besonders beklemtoon. Voorwoord deur Duitse fisikaprofessor bevestig die wetenskaplike plousibiliteit van die relaas.

- Die tweede deel handel oor die ontwikkeling van die mensdom en sy eienaardighede. Die belangrikste verskille tussen mense en ander diere word opgewys, insluitend hulle abnormale seksuele gedrag. Yog vind dat die mensdom die evolusie deur tegnologie verbygesteek het en dat die grootste probleem op planeet Aarde die oorbevolking met mense is. Dit is blykbaar nie polities korrek om van oorbevolking te praat nie, en veral mag mens nie opper, dat die mensdom verminder moet word nie. Ten slotte waag Yog nog prognose vir die toekoms van die planeet.
Die boek is bedoel vir nuuskierige mense soos jy en ek" van alle ouderdomsgroepe en bied vir hulle die onstaan van die heelal in verstaanbare, kronologiese volgorde aan. Dit bevat geen formules, diagramme, sketse of voetnote nie, om die vir leke afskrikkende voorkoms van teksboek te vermy. Dit word opgehelder deur spotprentagtige tekeninge.

POS ASSEBLIEF 'N (HOPELIK POSITIEWE) BEOORDELING VAN MY BOEK NADAT JY DIT GELEES HET!

Dettagli down

Generi Scienza e Tecnica » Astronomia, Spazio e Tempo » Cosmologia e Universo , Ambiente e Animali » Cani Gatti e altri Animali » Animali, altri titoli

Editore Siegfried Eckleben

Formato Ebook (senza DRM)

Pubblicato 06/03/2011

Lingua Africano

EAN-13 9789994571390

0 recensioni dei lettori  media voto 0  su  5

Scrivi una recensione per "Van Oerknal tot Oorbevolking"

Van Oerknal tot Oorbevolking
 

Accedi o Registrati  per aggiungere una recensione

usa questo box per dare una valutazione all'articolo: leggi le linee guida
torna su Torna in cima