Mondadori Store

Trova Mondadori Store

Benvenuto
Accedi o registrati

lista preferiti

Per utilizzare la funzione prodotti desiderati devi accedere o registrarti

Vai al carrello
 prodotti nel carrello

Totale  articoli

0,00 € IVA Inclusa

WRAAK VAN DIE SABEL - SAHARA AVONTUUR REEKS

Teuns Stegmann se broer is gedurende die Tweede Wêreldoorlog in die Sahara woestyn afgeskiet deur Duitser in sy vegvliegtuig. Dit is dan ook die hoofrede hoekom Teuns aangesluit het by die Franse Vreemdelegioen in die Sahara woestyn. Hy is op soek na sy verlore broer en het daarom sy pragtige wynplaas in die Heksvallei tydelik daarvoor opgegee. Terwyl hy en sy getroue makkers in restaurant saam drankie geniet in Algiers, tydens hulle kort verlof, daag daar geheimsinnige korterige mannetjie op. Hy vra om alleen met Teuns te gesels, maar sy kamerade waarsku hom daarteen.

Hy deel Teuns die skokkende onthulling mee dat sy broer nog lewe en dat hy bereid is om hom na sy broer te neem, want sy broer het hom opdrag gegee om na hom wat Teuns is, te soek. Hy kry dit reg om vir Teuns te oortuig met iets wat vir Teuns uiters kosbaar is. Teuns besluit toe om te gaan vra vir spesiale verlof sodat hy die mannetjie kan vergesel, maar Fritz Mundt het ander planne en veroorsaak dodelike geveg in die kroeg. Dit is Arabier teen Legioenman en die vuiste klap behoorlik. Die manne veg vir hulle lewe en toe die polisie opdaag, kom hulle met skok agter dat Teuns spoorloos verdwyn het.

Teuns bevind hom in die mag van skurk en drie van sy trawante wat aan hom die keuse stel. Besorg aan ons die Sabel van Doetra wat miljoene rande werd is en wat Teuns lank terug in oase versteek het, of sy broer sterf. Teuns se hande en voete word geboei en toe hulle by die oase in die woestyn opdaag, moet Teuns vir hulle die Sabel opspoor. Teuns probeer hulle aan lyntjie hou vir solank hy kan, want hy probeer so tyd wen om plan te kan maak vir moontlike ontsnapping. Intussen kry hy dit reg om die skurke op baie slim manier teen mekaar te laat draai en dit veroorsaak dat die een na die ander uitgeskakel word. Net toe Teuns meen hy het kans om te kan ontsnap, daag daar ongeveer 300 Doelaks op die toneel, aan wie die swaard van Doetra behoort en hulle Sjeik maak dit onmoontlik vir Teuns om te kan ontsnap.

Hulle het egter nie rekening gehou met die dapperheid en vindingrykheid van die lang, blonde Suid-Afrikaner nie. Hy kom vorendag met fantastiese plan wat, as alles haarfyn uitwerk soos hy beplan het, dan het hy maar skraal kans om weg te kom met sy lewe, maar hy is desperaat en hierdie mag sy laaste kans wees. Teuns doen toe iets uiters ongewoon en toe die Doelaks dit agterkom en op hom wil toeslaan, toe speel hy sy laaste troefkaart...

Dettagli down

Generi Non definito

Editore Pieter Haasbroek

Formato Ebook con Adobe DRM

Pubblicato 12/08/2022

Lingua Africano

EAN-13 9781928498100

0 recensioni dei lettori  media voto 0  su  5

Scrivi una recensione per "Wraak van die Sabel"

Wraak van die Sabel
 

Accedi o Registrati  per aggiungere una recensione

usa questo box per dare una valutazione all'articolo: leggi le linee guida
torna su Torna in cima