Mondadori Store

Trova Mondadori Store

Benvenuto
Accedi o registrati

lista preferiti

Per utilizzare la funzione prodotti desiderati devi accedere o registrarti

Vai al carrello
 prodotti nel carrello

Totale  articoli

0,00 € IVA Inclusa

'n Verhaal vol intrige: Hartseer, verlies, haat, 'n soeke na geregtigheid, wilde hartstog en liefde wat sal oorwin. Of nie?

'n Verbitterde Natasha vat spoor agter die man aan wat verantwoordelik is vir haar jonger suster se dwelmdood. Sy slaag daarin om by dieselfde plek as hy werk te kry en sy wek sy belangstelling in haar sonder moeite. Skimme uit die verlede spook by haar en 'n tragedie uit die geskiedenis word herhaal.

Sy ontmoet egter ook vir Hein en is magteloos teen sy onweerstaanbare magnetisme.

Salig onbewus van haar netjies uitgewerkte planne wat hom nie mag insluit nie verloor Hein sy hart totaal aan die wraaklustige donkerkop wat al hoe meer begin flankeer met gevaar en later 'n dwelmsindikaat binnedring.

En asof dit nie genoeg is nie, is sy ook nog deel van 'n vigilante-groep.

As gevolg van haar pligsgevoel teenoor haar suster, bly sy teen haar gevoel vir die blonde Viking veg. Totdat sy een nag swig en daarna agterkom dat sy haar deeglik misreken het met hom.

Die vonke spat om elke hoek en draai tussen twee mooi mense. Sal sy afsien van haar vergeldingsplanne? Of is hulle liefde gedoem tot mislukking?

Dettagli down

Generi Passione e Sentimenti » Romanzi rosa , Romanzi e Letterature » Rosa

Editore Apv

Formato Ebook con Adobe DRM

Pubblicato 01/07/2016

Lingua Africano

EAN-13 1230001210125

0 recensioni dei lettori  media voto 0  su  5

Scrivi una recensione per "Ys en Vuur"

Ys en Vuur
 

Accedi o Registrati  per aggiungere una recensione

usa questo box per dare una valutazione all'articolo: leggi le linee guida
torna su Torna in cima