Zackie ontdek n ou boks in die buitekamer. Dis propvol dinge waarmee jy ONGELOOFLIKE kulkunsies kan doen! Hy en Vincent besluit om n vertoning by die skool aan te bied. Maar dan loop een van Zackie se FANTASTIESE toertjies skeef ... en hy en Vincent is in GROOT MOEILIKHEID!